Die probleem met stem


Ek was nog altyd uitgesproke ’n weg-bly stemmer. Ek het egter die laaste ruk my ingesteldheid

daaromtrent versag: Ek self wil steeds nie stem nie, maar probeer rustiger teenoor

die wat wel stem te wees. My besware bly egter steeds staan.

Hierin wil ek nie veel op my beginsel besware teen stem per se ingaan nie. Dit bly

deurgaans dieselfde: geen legitimiteit deur my aan die bestel, geloof, die juridiese en praktiese

vereistes tot selfbeskikking. Ek besef die meerderheid neem klaar deel en skep

vrae oor van my beginsel besware, maar bly ek steeds daarby staan. Volgens my

moet elkeen maar hierin sy keuses maak en daarmee saamleef. Ek weet ook dat

talle met my in hierdie opsig sal verskil. Dit egter daargelaat.

Een van my grootste probleme met die deelname aan die huidige verkiesings gaan egter

nie soseer oor my beginsel besware daarteen nie, maar eerder praktiese

werklikhede wat in wese ’n ernstige (volks)depressie en lamheid veroorsaak.

Verkiesings in SA het nou maar bloot die vermoë om mense opgewonde te maak. Mense praat alreeds

lank voor die tyd oor die moontlikhede wat so ’n verkiesing mag inhou. In hul

gevoel van onderdrukking glo en verstaan hulle (soos ons so mooi in die

apartheid bewind oor jare heen geleer is) dat stem ’n plig en werkbare metode

tot verandering is. Dit word ook geag en verstaan die enigste wyse te wees

waarop ’n verandering in die politieke bedeling te weeg te bring. Om hierdie

rede en vanweë die tragiese afwesigheid om alternatiewe in te sien, laat verkiesings

mense nie bloot opgewonde nie maar vul hul ook met hoop en afwagting. Lyne word

sterker getrek en verskille word op die spits gedryf. Ons is tog bekend met die

talle argumente en humeure insake die deelname of nie aan die SA verkiesing en indien

wel, vir watter party sodanige stem dan moet gaan.

Ek wil dit graag verder uitlig, maar op hierdie stadium moet ek darem eers vir

duidelikheid en agtergrond stel dat daar verskillende Afrikaner nie-stemmers

is:

1. ’n Groep stem nie bloot omrede hul glad nie in enigiets (toekoms, volk) belangstel

nie. Ja, hul kan seker so goed as ’n ANC stem geag word, dit is dooie hout wat

ronddryf en bloot soos ’n parasiet aan enige bestel sal vassuig vir eie gewin,

ongeag wie regeer.

2. ’n Groter groep, glo ek, stem nie omrede hul nie noodwendig geen hoop op ’n toekoms

het nie, maar omrede hul geen hoop binne die huidige politieke bestel raaksien

en beleef nie. Hulle is baie realisties oor die demografiese en demokratiese

werklikhede en die ewigdurende beperkende invloed daarvan op blankes (ons

volk?). Hierdie groep bind egter nie noodwendig hul wegbly-stem aan beginsel besware

nie, maar eerder die verwarde en ongebonde gevoel van ’n volk in die woestyn,

sonder rigting dwalend in ’n sirkel. Met hierdie mense glo ek kan ons werk, hulle

kort die hand wat uitgereik moet word en hul saam in ’n positiewe rigting neem.

3. Die derde groep wegbly-stemmers doen dit werklikwaar omrede hul in beginsel nie met

’n SA verkiesing kan saamgaan nie. Verreweg die meeste van hierdie groep

volksgenote het al aanbeweeg na ’n meer volhoubare oplossing, naamlik

selfbeskikking. Die werkwyse en metode daartoe bly egter op die oomblik meestal

’n deurmekaarspul, maar darem is hul in denke waar dit hoort.

Ek verskil derhalwe ernstig van vele uitsprake, soos die van AfriForum se hoof van

Gemeenskapsveiligheid, Ian Cameron, wat op sy Facebook-blad (dit was in sy

persoonlike hoedanigheid) wegbly-stemmers as “slapgat” en “idiote” beskryf. Dit

kan onmoontlik op mense wat deurgaans hard vir vryheid werk en goeie redes

aanvoer waarom hul nie wil en sal stem nie van toepassing wees. “Slapgat” en “idiote”

kan ten beste slegs aan die eerste groep wegbly-stemmers toegeskryf word. Daar

is ’n hele paar AfriForum-lede aan my bekend wat self nie eens gestem het nie.

Die probleem met ’n beskuldiging soos hierbo vermeld is dat dit mense wat onder normale

omstandighede selfs binne ’n organisasie baie goed saam sou gewerk het eerder

vir mekaar kwaad maak. Mure word ontstellend vinnig tussen mense opgebou en

kras woorde (die woord “verraad” is darem weer ruim rondgegooi die laaste ruk)

val gereeld. Die verkiesing kry dit bloot reg dat mense baie vinnig afbreek in

verhoudinge wat so hard aan gebou is oor ’n lang tydperk. Stemmers en

wegbly-stemmers is kort-kort in mekaar se hare.

As verdere agtergrond darem net vinnig iets oor stemmers:

1. Ek verskil daarvan om te stem, maar tog moet ek toegee dat ek nie dink daar is

mense wat stem omrede hul negatiewe bedoelings het nie. Afrikaners wat stem doen dit oor

die algemeen omrede hul, alhoewel objektief beskou verkeerd, werklik die bedoeling

het om hul omstandighede daardeur te verbeter.

2. Die meeste Afrikaners stem DA. Dit geskied meestal vir redes van verset teen die

bestel en die misplaaste hoop op oorwinning teen die ANC. Hierdie mense sal

onder ander omstandighede nie meer so graag die DA se eie steun van aborsie en

BEE en so meer wil steun nie, maar die oorhoofse sielkundige vrees wat die ANC skep

dwing hul telkens terug na verraad teen hul eie waardes, maar darem ’n vae hoop

vir iets beter. Daar is wel sommige wat stink van linkse denke en maar gerus DA

kan bly stem en vir altyd deel van die bestel mag wees. Hulle kies dit graag

so. Die argumente van ’n DA-regering, al is dit net in die Wes-Kaap of “Gauteng”,

spreek eerder van tydelike gerief as langtermyn oplossings. Sodanige argumente

neem nie die werklikheid van DA-beleid en swart oorheersing met regering in ag

nie.

3. ’n Verre minderheid stem op ’n basis van beginsels, soos vir die ACDP, FN, VF+.

Hulle bedoel subjektief en in elkeen se eie gemoed goed, maar bereik myns insiens kollektief saam

vêrreikende negatiewe gevolge.

4. Stemmers se vertrekpunt is soms ook dat daar ’n grondwet is wat ons moet help beskerm (’n

grondwet wat veronderstel was om nou weer ons te beskerm). Dit kom daarop neer

dat hul graag ’n nagwag die hele aand wil beskerm sodat die nagwag hul weer kan

beskerm (het geen sin nie, maar nou ja). Die grondwet kort geen beskerming nie,

die grondwet van SA is die basis van ons volk se onderdrukking en solank as wat

ons die grondwet so graag wil beskerm sal die einste grondwet teen ons tot ons

nadeel aangewend word. Maar ja dit eerder daargelaat.

Met bogenoemde as agtergrond en sonder om onnodig weer in ’n gesprek oor beginsel

besware teen stem te verval, kan ek dan vervolgens die praktiese en realistiese

gevolge en dus probleem met stem vir veral konserwatiewe stemmers (VF+, FN)

uitlig:

1. Soos gestel kry stemmers hoop (al is dit misplaas) op verandering;

2. Stemmers het ‘n afwagting tot beter omstandighede;

3. Stemmers verkondig graag hul menings wat in hul oë die verandering, ten goede, sal

meebring;

4. Wegbly-stemmers reageer baie graag op die stemmers se menings en ontaard daar vir maande ’n vurige

gestryery en verdagmakery wedersyds;

5. Stemmers trek dan ook gereeld los en begin om ander stemmers (van ander partye) te

beledig en sleg af te maak. So het die BKA blad op Facebook (grootste onder ons

mense) erg onder VF+ en DA ondersteuners ingeklim, waar Sunette Bridges nog ’n jaar

terug aanvaarbaar was, is sy nou vanweë haar steun aan VF+ amper die vyand en VF+

ondersteuners het graag weer FN en BKA baie kras aangevat;

6. Daar was onlangs gevalle waar volksgenote, stemmers en nie-stemmers, mekaar by banke, SARS,

polisie, OVK en dies meer aangegee het;

7. Sekere voorheen wegbly-stemmers het verklaar hul gaan stem en is erg daaroor deur

ander wegbly-stemmers aangevat, terwyl ’n hele klomp voorheen stemmers verklaar

het hul sal nie weer stem nie en dienooreenkomstig aangevat is;

8. In die aanloop tot die SA verkiesing van 2014 was daar derhalwe ’n reuse-terugslag

in verhoudinge onder volksgenote, maak nie regtig saak waar elkeen gestaan het

nie.

Onder dit alles deur het stemmers steeds bly hoop op darem iets, soort van

verbetering wat hul kruisie sal maak. Die resultaat, veral vir volksgerigte

stemmers, bly bloot dieselfde:

1. Weereens regeer die ANC gemaklik. Gehoop op Nkandla en so meer om koppe te swaai?

Stemmers wat hoop op oorwinning oor die ANC neem nie die werklikheid van

Afrika-denke in ag nie.

2. Die demografie van die bevolking tel regtig teen Afrikaners, al dink sommige nie so

nie. Wat gaan stem vir ons oor 20, of 30, of 40 jaar van nou af beteken?

Dieselfde argumente, net nog ’n slegter resultaat.

3. Met die skryf hiervan was die stemme nog nie alles klaar getel nie, maar staan die

VF+ op 0,87% steun. Swakker as in 2009. Die FN het skaars 0,03% steun bereik.

Met elke verkiesing sal hierdie steun bloot afneem (al loop DA-stemmers later

oor na die VF+, sal die siklus weens al minder-wordende Afrikaners nie verander

nie).

4. Stemmers se hoop en afwagting is weereens skokkend teleurgestel. Stemmers voel alles

tevergeefs, alles vir net mooi niks.

5. Stemmers kry ’n lamheid oor hulself en as volk verdiep die “depressie” van “nog vyf jaar”

van selfs erger misdaad en korrupsie en onderdrukking.

6. Wegbly-stemmers word verwyt, stemmers word daarop gewys dat hul vooraf gewaarsku is. Stemmers

verwyt ook mekaar onderling.

7. Al wat oorbly is wanhoop en teleurstelling en wedersydse wantroue en vyandskap

onder volksgenote.

Oor amper vyf jaar begin die proses weer van voor. Weer hoop en verwagting, weer

teleurstelling en wanhoop. Weer baklei en stry, weer wantroue onder ons mense. Nuwe

vyandskap, nuwe “verraad” en “slapgatte” en “idiote”. Die ANC lag lekker in hul

mou met wat hul met elke verkiesing en skep van vertroue in die “grondwet” en “demokrasie”

onder ons volk regkry.

En kom ons wees eerlik: Ons mense se standpunte oor partye of stem of nie gaan bly voortbestaan. En ja, dit help nie ons wat hier lees verklaar darem dat ons verby hierdie verskille kyk nie. Kom ons kyk na die gevolge vir die meeste stemmers en nie-stemmers en die invloed wat elke verkiesing op die meeste van hul het.

Kom ons wees verder maar eerlik: Elke verkiesing skeur in wese ons mense uitmekaar uit. Dit skep ’n ewigdurende

siklus van hoop en dan wanhoop, teleurstelling en depressie en erger, ou en nuwe vyandskap. Dit dryf ‘n wig tussen ons almal in en kan hierdie optrede van ons nie uit ‘n geloofspunt regtig aanvaarbaar geag word nie. Ons mense kan nie die beter doelwit van selfbeskikking aangryp solank as wat ons so met mekaar werk nie, en dit alles a.g.v. die ANC bestel se verkiesing. Ons baklei dan maar eerder in ‘n bykans permanente staat van wanhoop met mekaar.

Dit is my probleem met stem. En dit is my probleem met baie van ons se onderwerping aan die politieke bestel se verkiesingsprosesse.

Ns:

Daar is darem volhoubare hoop: Party volksgenote breek nie hul kop oor stem of

nie, maar werk aan langtermyn oplossings. Dit is mense wat buite die boks begin

dink het. Daar is ook wel stemmers onder hierdie groep, maar is hul by verre die minderheid

teenoor die oorgrote meerderheid (selfs VF+ stemmers) daar buite.

Dit is die volksgenote wat eerder soveel energie moontlik in Orania

of Kleinfontein instoot. Vir my is veral Orania die beste oplossing op die

langtermyn. Volksgenote wat aan realiseerbare hoop werk is mense wat die VVK en

die Boere-Afrikaner Volksraad ondersteun. Mense wat heeltyd werk aan ons volk

se kulture gesondheid, soos die Verkenners. Mense wat bou aan ons volkseie

ekonomie soos KSKK of Oranjekas. Ek stem nie met alles van AfriForum saam nie

(hoofsaaklik hul “beskerming” of instandhouding van die SA grondwet), maar

genugtig AfriForum of TLU SA bou baie meer aan werkbare oplossings sonder

wanhoop en soveel vyandskap soos wat verkiesings vir ons meebring.

Ja, daar is inderdaad ’n realistiese en werkbare oplossing, sonder wanhoop en

teleurstelling, sonder die skep van volksdepressie en vyandskap wat verkiesings

veroorsaak.

Dit is om die meeste van jou energie aan die doelwit van selfbeskikking vir ons

volk te spandeer.

Verkenner Jan van Zyl